Trok rol en slaan aan die brand

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – ‘n Trokbestuurder is beseer toe ‘n trok Maandag op die N3, rigting Pietermaritzburg, naby die Cliffdale-afrit, gerol en aan die brand geslaan het.

ALS Paramedics het hul op Nuwejaar net na 11:00 na die toneel gehaas. Met aankoms was die hele noordekant van die pad toegemaak. Die trok was in vlamme gehul.

Die bestuurder is ‘n ent weg met ernstige beserings aangetref. Nadat hy gestabiliseer is, is hy na ‘n Pietermaritzburg-hospitaal vervoer.

Die Durban-brandweer het die brand geblus.

Omstandighede van die ongeluk sal deur die SAPD en RTI, wat op die toneel was, ondersoek word.

Bron: ALS Paramedics

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel