KWAZULU-NATAL. – Twee persone is dood en nog sewe het beserings opgedoen toe ‘n bakkie Maandag net voor 14:00 op die R603 naby National Chicks gerol het.
ALS Paramedics het passasiers op die toneel aangetref wat deur die impak van die ongeluk uit die bakkie geslinger is.
‘n Triage-area is opgestel en meer ambulanse en gevorderde lewensondersteunende paramedici is ontbied.
Twee persone is op die toneel dood verklaar. Sewe beseerdes is gestabiliseer en na nabygeleë hospitale in Pietermaritzburg geneem.
Die polisie was op die toneel en ondersoek die ongeluk.
Bron: ALS Paramedics
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



