Tieners se Nuwejaarsbabas wek kommer

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA. – Kommer heers oor die aantal tienerswangerskappe wat landwyd in 2023 aangeteken is.

Phophi Ramathuba, LUR vir Gesondheid in Limpopo, het gesê ’n groot aantal van dié provinsie se Nuwejaarsdagbabas is van tienerma’s. Volgens haar is die kraamsale vol jong meisies. Sy het taverne-eienaars gemaan om nie aan minderjariges alkohol te verkoop nie, aangesien dit hulle maklik beïnvloedbaar maak.

Die jongste ma wat in KZN geboorte geskenk het, is 14 jaar oud. Dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, het staatshospitale gedurende die feestyd besoek. Hy het opgemerk dat amper geen pa’s tydens die geboortes teenwoordig was nie.

Die South African National Christian Forum (SANCF) het ’n beroep op kerke gedoen om te help om tienerswangerskappe te verminder.

Van die 1 708 babas wat op Kersdag gebore is, was sowat 145 dié van tienerma’s.

Bronne: ENCA, EWN, IOL, Daily Sun