STANGER, KZN. – ’n Tromp-op botsing tussen twee motors op die R74 buite Stanger het Maandag een persoon se lewe geëis en vier beseer.
Volgens berigte het die botsing teen ’n hoë snelheid plaasgevind.
IPSS Medical Rescue het twee kinders, waarvan een ’n kleuter, op die toneel gestabiliseer. Hulle het kritieke beserings opgedoen. Nog twee volwassenes is vir geringe beserings behandel.
Een persoon, wat in die wrak vasgekeer was, het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.
Bronne: IPSS Medical Rescue, Facebook



