Kyk: Diefstal in Eldoradopark op kamera vasgevang

Deel hierdie storie / Share this story

JOHANNESBURG. – Yusuf Abramjee, sosiale aktivis en joernalis, het Maandag ’n video van diefstal op sosiale media gedeel.

Volgens sy inskrywing het die gebeure op Oujaarsaand in Eldoradopark, Johannesburg, plaasgevind.

In die video kan gesien word hoe een man bo-op ’n ander een se rug staan en aan ’n verkeerslig peuter. Nog ’n man is later in die video te sien waar hy ’n vuurwapen te voorskyn bring.

Verderaan is ’n vrou besig om hulle oor hulle gedrag aan te spreek. Bottels met vloeistof kan ook in die video gesien word.

Abramjee het sosialemediagebruikers aangemoedig om vandalisme aan te meld. Dit is onduidelik wie die video gemaak het.

Kyk die video hier:

Bron: Twitter – Yusuf Abramjee