SUID-AFRIKA. – Eskom het Maandagmiddag die nuutste beurtkragskedule aangekondig nadat dit vir 18 dae opgeskort was.
Fase 2 sal vandag vanaf 5:00 tot 16:00 geld. Daarna sal fase 3 tot 5:00 Woensdagoggend in werking tree.
Dit volg nadat van Eskom se opwekkers nie aanlyn is soos wat gehoop is nie.
Fase 2 en 3 sal beurtelings geld totdat Eskom verdere aankondigings maak.
Hulle het die publiek gevra om veral tussen 17:00 en 21:00 saans geisers en swembadpompe af te skakel om sodoende krag te bespaar.
Eskom het gister aangekondig dat Eenheid 5 by die Kusile-kragstasie, wat in 2022 deur ’n brand geaffekteer is, weer aan die kragstelsel verbind is.
Bronne: Eskom, Business Tech



