Studente vind ‘voet’ tussen rotse op Stilbaai

Deel hierdie storie / Share this story

STILBAAI. – Twee studente het die naweek voetbene wat aanvanklik gelyk het of dit van ’n mens se regtervoet afkomstig is, tussen die rotse by Morrispunt op Stilbaai gevind.

Suid-Kaap Forum berig Christiaan Roux en Megan Meiring het na pampoentjies tussen die rotse gesoek toe hulle op die voetbene afgekom het.

Roux, wat medies aan die Universiteit van Pretoria studeer, het dadelik vermoed dat dit die oorblyfsels van ’n menslike voet is. Stilbaai-SAPD en hulle patologiese eenheid is in kennis gestel.

Volgens Meiring het die patoloog egter bevestig dat die bene afkomstig van ’n rob se voet is. “Die patoloog sê dat die menslike voet baie keer met die voet van ’n rob verwar word,” het sy bygevoeg.

Voorwerpe kan baie ver dryf en tydens springgety uitspoel.

Bronne: Suid-Kaap Forum, Facebook