Ses Nuwejaarsvoornemens wat ’n verskil kan maak

Deel hierdie storie / Share this story

Nuwejaarsdag word as die eerste skoon bladsy van ’n nuwe en vars jaar gesien. Baie mense maak planne en het voornemens om beter in die nuwe jaar te leef.

Hier is ses idees vir ’n paar positiewe doelwitte en veranderinge om die jaar mee af te skop:

  1. Eet meer groente en vrugte: In plaas daarvan om jou hele dieet te verander, maak ’n klein verandering deur vars groente en vrugte by etes in te sluit.
  • Gaan slaap vroeër:  Meer slaap verbeter algehele energievlakke en gesondheid. Dit help ook om stresvlakke en gewig onder beheer te hou.
  • Neem gereeld ‘n breek van sosiale media: Individue se selfbeeld en geestesgesondheid kan so verbeter, aangesien hulle minder tyd aanlyn spandeer om hulself met ander te vergelyk. Frustrasievlakke kan ook daal omdat daar nie so baie na negatiewe nuus of plasings gekyk word nie.
  • Kom meer in die natuur: Vars lug en mooi natuurskoon kan stresvlakke verlaag. Die son is ook ’n natuurlike serotonienversterker.
  • Wees meer aktief: Sit twintig minute uit ’n dag opsy om te gaan stap of fiets te ry. Deesdae is daar baie oefenvideo’s aanlyn wat gebruikers toelaat om in die gemak van hulle eie huis te oefen.
  • Skinder minder: Om minder te skinder, kan individue help om van skuldgevoelens ontslae te raak en beter verhoudings te bou.

Nuwejaarsvoornemens hoef nie selfgesentreerd te wees nie. Sluit diegene rondom jou in en laat die positiewe verandering uitkring.

Bronne: Country Living, Syntrio, Buffer, YesMed