SAPD waarsku oor kinders se veiligheid na meisie (14) se beweerde verkragting

Deel hierdie storie / Share this story

POLOKWANE. – Lt.genl. Thembi Hadebe, provinsiale kommissaris van die Limpopo-SAPD, het ouers en versorgers gemaan om ekstra waaksaam rakende hulle kinders se veiligheid gedurende die feestyd en ook daarna te wees.

Dit volg na die beweerde verkragting van ’n meisie (14) op Woensdag 27 Desember in die Ritavi-distrik. ’n Verdagte (22) is reeds in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn.

Volgens die polisieverslag was die ma van die slagoffer by die huis en het besef haar dogter het nie op die afgespreekte tyd teruggekeer huis toe nie. Sy het sonder sukses na haar dogter gaan soek.

Later is sy laat weet dat haar dogter huis toe is. Haar dogter het aan haar vertel dat sy in ’n man (22) se huis geslaap het en later na bewering deur hom verkrag is.

Die insident is by die Ritavi-polisiestasie aangemeld. ’n Soektog na die verdagte is van stapel gestuur waarna hy gearresteer is.

Lt.genl. Hadebe het bygevoeg kinders moet geleer word om gevaartekens te identifiseer en daarop te reageer.

Bronne: SAPD, Twitter