Drie persone in parkeerarea geskiet – twee sterf

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – Twee mans is gister dood en ‘n vrou is beseer tydens ‘n skietvoorval in die parkeerarea van ‘n gewilde inkopiesentrum in Cato Ridge, wes van Durban.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê hulle is omstreeks 12:30 na die toneel ontbied. Twee mans, beide vermoedelik in hul 40’s, wat skietwonde opgedoen het, is dood verklaar.

‘n Vrou, vermoedelik in haar 30’s, wat skietwonde in haar bene opgedoen het, is op die toneel gestabiliseer voordat sy vir verdere mediese behandeling na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer is.

Jamieson sê omstandighede wat tot die skietvoorval gelei het, word deur die polisie ondersoek.

Bron: ALS Paramedics

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel