Matriekseun sterf toe voertuig boom tref

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – Jeandré Kleynhans (18), ‘n gr. 12 -leerling van Hoër Volkskool Heidelberg se afsterwe is deur die skool op hulle Facebook-blad aangekondig.

Volgens Proudly Heidelberg was Kleynhans gisteroggend met nog ‘n persoon (18) omstreeks 03:22 in ‘n ongeluk betrokke. Die voertuig het teen ‘n boom in ‘n park in Rensburg gebots.

Kleyhans is noodlottig beseer terwyl die bestuurder van die voertuig vir mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem is.

FiND iT het polisiekommentaar gevra.

Bronne: Hoër Volkskool Heidelberg en Proudly Heidelberg

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel