Twee mans vir ‘veediefstal’ verbrand

Deel hierdie storie / Share this story

MPUMALANGA. – Twee mans, onderskeidelik 36 en 39 jaar oud, se verbrande liggame is Saterdag omstreeks 08:30 by ‘n bakkie wat uitgebrand is in Nhlalakahle Trust in Masoyi, ontdek. Hulle is na bewering van veediefstal beskuldig.

Volgens brig. Selvy Mohlala ondersoek die polisie die twee mans se grusame moord nadat die liggame deur die gemeenskap ontdek is.

Mohlala sê een liggaam het buite die gebrande bakkie gelê terwyl die tweede binne die voertuig was. Beide is op die toneel dood verklaar.

Die oorledenes is volgens die voorlopige ondersoek van beweerde veediefstal beskuldig en glo daarom doodgemaak.

Die polisie versoek enigiemand met inligting om na vore te kom.

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela het die voorval veroordeel en die gemeenskap gewaarsku oor voorvalle waartydens reg in eie hande geneem word.

“Vigilantism will never be a solution to crime and we urge communities to work hand-in-hand with us on issues of crime. One cannot correct a wrong act with another act of crime. ”

Bron: SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel