Kyk: Jong meisie (13) oorlede toe voertuig naby Duin 7 rol

Deel hierdie storie / Share this story

Video-opname in berig! WAARSKUWING! Nie vir sensitiewe lesers nie.

INTERNASIONAAL, NAMIBIë. – Pashula Hangula (13) is oorlede nadat ‘n voertuig waarin sy was, gister naby Duin 7 van ‘n duin gerol en sy uit die voertuig gegooi is. ‘n Ysigwekkende video-opname van die voorval is deur John le Riche op Facebook gedeel.

Volgens die Namibiese radiostasie, Kosmos 94.1, is die voertuig deur ‘n 21-jarige bestuur. Die Erongo-polisie het bevestig die ongeluk het naby Duin 7 gebeur.

Volgens beriggewing het die bakkie onderweg na die bokant van die duin vasgesit. Met pogings om die bakkie te bevry, het dit gegly en teen die duin af gerol.

Kosmos 94,1 sê daar was nog vyf insittendes in die bakkie waarvan drie beserings opgedoen het.

Bronne: Kosmos 94,1 (Namibië), Maurits Devenish Privaatskool en Johan le Riche Facebook-blad

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel