VRYSTAAT. – Moses Ramoada (38) en Moeketsi David Dyasi (27), twee sekuriteitswagte, het Vrydag vir die tweede keer op aanklag van moord in die Kroonstad-landdroshof verskyn. Hulle was glo aangeval, waarna ‘n man doodgeskiet is.
Volgens sers. Jospehine Rani het die polisie Donderdag 21 Desember ‘n klagte van ‘n skietvoorval in ‘n oop veld naby Gunhill Top Yard, ‘n perseel van Transnet, ontvang.
Rani sê een van die sekuriteitswagte het gesê hulle was besig met patrollie toe hulle skote hoor. Hulle is glo skielik deur agt onbekende mans aangeval. Volgens die verduideliking het beide teruggeskiet. Dit was glo toe die oorledene met ‘n boutsnyer aanval dat hy geskiet is.
Met verdere ondersoek is bevind die oorledene is van agter geskiet.
Die ondersoek duur voort.
Bron: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



