Beseerde bejaarde man sonder klere langs pad gevind

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – ‘n Bejaarde man is Donderdagoggend sonder klere langs ‘n pad op die sypaadjie naby John Vorster-deurweg in Lyttelton met sy gesig na onder gevind.

CERT-SA sê hulle is na ‘n oproep om hulp omstreeks 09:38 na ‘n toneel waar ‘n bejaarde met sigbare beserings aan sy kop en gesig aangetref is.

Hy is gestabiliseer en in ‘n kritieke toestand deur Gauteng-nooddienste na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer.

CERT-SA het die Lyttelton-polisie, Gauteng Emergency Medical Services, en Fidelity ADT vir hulp op die toneel bedank.

Bron: CERT-SA (Community Emergency Response Team)

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel