Drie sterf in vliegongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

NOORDWES. – Casper en Estelle Botha, asook Hennie Viviers, is Vrydag omstreeks 12:30 in ‘n vliegongeluk oorlede. Die noodlottige vliegongeluk het tussen Carletonville en Magaliesburg gebeur.

Twee vliegtuie, waarin die drie oorledenes was, was glo naby Carletonville in die lug in ‘n botsing betrokke. Die ongeluk word deur burgerlugvaartowerhede ondersoek.

Op David Ole-Lebo se Facebook-blad hier onder is meer besonderhede wat nie deur FiND iT bevestig is nie, gedeel.

Potchefstroom Gimnasium het die volgende sosialemediaplasing gemaak:

Gimmies het met leedwese kennis geneem van die afsterwe van Casper en Estelle Botha.💙💙 Hulle was geliefde inwoners van Potchefstroom wat hul merk op vele terreine gemaak het. Casper, wat in 1987 aan Gimmies gematrikuleer het, was ook een van Gimmies se Beheerliggaamvoorsitters. Ons betuig ons medelye aan Jacques, Philip en Rynard, ons sal jul in ons gebede dra. Mag jul die Vader se liefde ervaar in hierdie moeilike tyd. Gimmies eer Casper en Estelle se nalatenskap.🤍🕊

Lees meer:

Bronne: Potchefstroom Herald, Potchefstroom Gimnasium, Khitty Moss en David Ole-Lebo Facebook-bladsye

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel