VRYSTAAT. – ‘n Skedel, denimbroek en sokker T-hemp is Woensdag in ‘n graf agter op ‘n erf in Makwane ontdek. ‘n Familielid vermoed dit kan dalk aan sy jonger broer van Lesotho behoort wat in Oktober 2021 laas gesien is..
Volgens AO Mmako Mophiring het twee mans Woensdagoggend omstreeks 08:00 hulle vermoede van iets wat op die erf begrawe is by Makwane-polisiestasie aangemeld. Hy sê voorts die twee mans het ‘n sinkende graf beskryf.
Met die polisie se aankoms is die graf opgegrawe en ‘n vuil mat, die menslike kopbeen en klere is ontdek. Volgens die familielid is sy jonger broer nie as vermis aangemeld nie, omdat dit glo ‘n gewoonte was dat hy wegraak en na lang rukke weer verskyn.
‘n Geregtelike doodsondersoek is geregistreer om die oorsaak van die sterfte en identiteit van die oorblyfsels te bepaal.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



