Vermeende huurmoordenaars in tronk vasgetrek

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT. – Twee vermeende huurmoordenaars, onderskeidelik 34 en 52 jaar, is Woensdag op Frankfort deur die polisie in Korrektiewe Dienste se aanhouding in hegtenis geneem. Dit volg nadat Nawaz Qamar (27), ‘n Pakistani-burger, op 20 Desember in sy besigheid, Tasty Point Fish, op Henneman, doodgeskiet is.

Luidens kapt. Stephen Thakeng is die oorledene tydens die misdaad in die nek gekiet terwyl die vermeende verdagtes glo in ‘n wit Renault Clio met ‘n GP-registrasienommer van die toneel gevlug het.

‘n Moordsaak is geregistreer en die ondersoek, waarvan inligting bekom is, het na die twee vermeende huurmoordenaars wat reeds in die tronk was, gelei.

Die verdagtes is verhoorafwagtend vir die vermeende verneukery met bankkaarte en sal vandag in die Henneman-landdroshof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel