Kluis met gewere in informele nedersetting gevind

Deel hierdie storie / Share this story

WES-KAAP. – ‘n Kluis met gewere is Woensdag deur polisielede van Maitland-blitspatrollie gevind waar dit tussen huise in die informele nedersetting Malawikamp in Ravensmead gelê het.

Volgens sers. Wesley Twigg het die lede inligting oor die kluis ontvang en daarna per voetpatrollie op die kluis met drie gewere binne-in afgekom .

Met verdere ondersoek is gevind die kluis kom van ‘n huis in Vredehoek waarby ingebreek was terwyl die inwoners met vakansie was.

Die vuurwapens is vir veilige bewaring by Ravensmead-polisiestasie ingegee.

Omstandighede van die insident word ondersoek.

Bron: SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel