Bejaarde vrou (84) glo tydens inbraak verkrag

Deel hierdie storie / Share this story

LIMPOPO. – ‘n Bejaarde vrou (84) is na bewering Woensdagoggend verkrag nadat omstreeks 01:30 by haar huis in Mookgopong ingebreek is.

Volgens brig. Hlulani Mashaba het die bejaarde slagoffer na bewering geslaap toe die verdagte toegang deur ‘n venster verkry het. Hy het, nadat hy haar glo verkrag het, aan die slaap geraak. Die vrou kon ontsnap en het vir hulp na die bure gegaan. Ondersoek is dadelik ingestel, maar die verdagte kon glo daarin slaag om te vlug.

Die polisie en nooddienste is ontbied, waarna die slgoffer vir mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem is.

Die polisie het ‘n saak van huisbraak en verkragting geregistreer wat deur Modimolle-GKS ondersoek sal word.

“This abhorrent incident does not reflect the values of our community, and we vehemently denounce any form of violence, especially against vulnerable members of society. Our commitment to the safety and well-being of every resident remains unwavering. We urge anyone with information related to this crime to come forward and assist in the ongoing investigations,” sê lt.genl. Thembi Hadebe.

Enigiemand met inligting van die misdaad kan AO Helray Mmola by 082 319 9465 bel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel