Radiostasie se voorsitter sterf op Kersdag

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT. – Johan (PJ) van der Merwe, die voorsitter van Overvaal Stereo 96.1 het op Kersdag na ‘n siekbed aan kanker gesterf.

Tydens wat as ‘n swart Kersfees vir die radiostasie beskryf word, het die stasie respek betoon deur van 26 tot 27 Desember alle normale programme tydelik te staak en slegs instrumentele musiek uit te saai.

Johan van der Merwe Musiek is volgens die radiostasie se sosialemediaplasing meer as 30 jaar by die stasie betrokke, waarvan hy die afgelope vyf jaar die voorsittersposisie beklee het.

“Johan, was vir weke lank in die intensiewesorgeenheid van ‘n Klerksdorpse hospitaal en is later na die Pretoria-Oos-hospitaal oorgeplaas na die bevestiging dat hy kanker het. Dit is ook waar Van der Merwe sy stryd verloor het.”

Stephanie van der Merwe en die egpaar se kinders was ten tyde van sy afsterwe op Kersoggend by hom, soos wat hulle vir weke lank langs sy bed gewaak het.

Ignaz Streicher, die stasiebestuurder, bedank die Van der Merwe-gesin, adverteerders en luisteraars vir ondersteuning gedurende die moeilike tyd. Daar word egter steeds gebed vir die Van der Merwe-gesin en stasiepersoneel gevra.

“God is en bly goed vir ons in die tyd van smart.”

Bron: Overvaal Stereo 96.1

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel