VRYSTAAT. – Die liggame van Sarah Senthlolo (91) en Rebecca Moyhetsane, (66), Senthlolo se dogter, is Woensdag 20 Desember op ‘n bed in ‘n shack by T13 in Caleb Motshabi ontdek. Die bejaarde vrou het aan vergiftiging en haar dogter aan verwurging gesterf.
Sers. Mahlomola Kareli sê polisielede het ‘n oproep oor die twee liggame in die shack ontvang.
Die liggame van die oorledenes is op ‘n bed gevind. Die bejaarde vrou is volgens ‘n nadoodse ondersoek vergiftig terwyl haar dogter verwurg is. Beide is deur ‘n buurvrou ontdek.
‘n Geregtelike doodsondersoeke is aanvanklik geregistreer, maar nadat die bevindinge van die voorlopige nadoodse ondersoek bekend gemaak is, is die klagtes na moord verander.
Enigiemand met inligting van die saak kan speur.sers. Matli by 073 194 8801 bel.
Bron: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



