VRYSTAAT. – Sinah Bantjies (34) se liggaam is Sondag in kleeflint toegedraai in ‘n puttoilet in Caleb Motshabi ontdek.
Sers. Mahlomola Kareli sê Kopanong-polisie het inligting ontvang van ‘n vrou wie se liggaam in kleeflint toegedraai was in ‘n shack.
Met aankoms op die toneel was die shack toegesluit, maar die polisielede het sleepmerke na die puttoilet gesien. Ondersoek is ingestel en die liggaam is in modder in die puttoilet ontdek.
Kort na die ontdekking het die speurders van Kopanong ‘n beweerde verdagte (43), wat glo van die toneel gevlug het, in Botshabelo in hegtenis geneem.
Die verdagte sal na verwagting binnekort op ‘n aanklag van moord in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.
Bron: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



