Rudi Claase, bekende sanger en liedjieskrywer, is tans reeds meer as sewe weke in die intensiewesorgeenheid van ‘n hospitaal. Sy vrou Suzette het vier dae gelede op sosiale media vertel hoe dit met hom gaan.
Suzette sê Rudi het sy stem terug, wat hulle in staat stel om te kommunikeer. Maar sy sangstem is nog nie terug nie. Sy beskryf hom as baie swak, maar sê ook hy is op minimum suurstof. Daar is steeds twee dreineringspype wat eers oor ongeveer twee tot drie weke verwyder sal word.
Vogens haar sal hy hopelik binnekort met behulp van fisioterapie ‘n paar treë kan neem.
“One thing that this 7 weeks in hospital has taught as so far, is to be grateful for every little breath we are given. Rudi has grown in spirit and his belief and love for every living thing. That he can share with you at a later stage.”
Suzette sê hy sal vir nog ongeveer ‘n paar weke in die hospitaal moet deurbring. Sy is hoopvol dat hy so goed sal aansterk sodat hy in 2024 sy optredes kan hervat.
“Thank you for the continuous support and love that you have all sent. With faith and prayer, nothing is impossible.”
Bron: Suzette Claase
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



