Meisie (15) ‘ontvoer en verkrag’ – verdagte gesoek

Deel hierdie storie / Share this story

LIMPOPO. – ‘n Meisie (15) is na bewering Dinsdagmiddag omstreeks 17:00 deur ‘n onbekende verdagte in Malamulele ontvoer en verkrag.

Brig. Hlulani Mashaba sê ‘n soektog na die verdagte is geloods.

Na bewering was die meisie alleen toe ‘n man haar met ‘n vuurwapen gedreig en in sy voertuig ingedwing.het Die verdagte het glo met die slagoffer na’n onbekende gebied gery en haar in sy voertuig verkrag. Daarna is sy glo eers die volgende dag omstreeks 10:30 by ‘n taxistaanplek afgelaai waarna sy in ‘n minibustaxi huis toe is.

Sake van ontvoering en verkragting is by die polisie geregistreer, wat ondersoek word.

Enigiemand met inligting word versoek om Malumulele-polisiestasie by 015 851 0999 te bel.

Bron: SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel