Jong meisie (9) sterf aan kanker

Deel hierdie storie / Share this story

OOS-KAAP. – Maxine Blignaut (9), die gr. 3- leerling van Laerskool Handhaaf op Uitenhage wat teen fase 4-klierkanker geveg het, is Woensdagaand oorlede. Sy het haar moedige stryd verloor nadat sy n Augustus met chemoterapie begin het.

Die skool het die hartseer nuus op hulle Facebook-blad gedeel. “Maxine nuus: Dit is met ‘n swaar hart dat ons hierdie nuus deel. Maxine is gisteraand na haar hemelse Pappa toe. Sy het met elke asemteug nog aan haar ‘Jesus-werk-op-aarde’ gedink. Maxine jy kan sag rus met die wete dat jy so groot impak gehad het in die dorp en in die land, jou nagedagte(nis) sal nog vir lank voortleef.”

Die jong dogter word deur haar ma, pa en boetie oorleef.

FiND iT het op 14 Augustus soos volg berig:

UITENHAGE. – Maxine Blignaut, ‘n gr. 3-leerling van Laerskool Handhaaf op Uitenhage in die Oos-Kaap sal vandag na ‘n kankerdiagnose met chemoterapie begin behandel word.

Die skool het die nuus van fase 4-klierkanker op hul Facebook-blad bevestig nadat uitslae van Maxine se mamma ontvang is.

Die skool se blad kan gevolg word vir besonderhede aangaande ‘n spesiale funksie wat op 2 September vir fondsinsameling vir Maxine sal plaasvind.

Lees die skool se plasing hier onder:

Nuus oor Maxine: Mamma het laat weet- Die uitslae het gekom en dit is fase 4 klierkanker. Die kanker het versprei na die lewer en niere. Die dokters gaan vir die volgende 3 weke intensiewe behandeling doen. Chemo vir 3 weke aaneen. Bid asb. vir hierdie lyfie. Sy gaan deur baie gaan die volgende 3 weke en die dokters sê sy gaan baie swak wees.

Ons bly aanhou glo sy is ‘n sterk mensie en gaan hard baklei

1 Tess 5:17

Bid gedurig

Bron: Laerskhool Handhaaf en vorige beriggewing

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel