Clara Else (10 maande) het gister ‘n week gelede met ‘n loopring teen drie trappe af geval. Die kleinding, wat met breinbloeding gediagnoseer is, is al uit die hospitaal ontslaan. Sy word vir simptome dopgehou wat op moontlike drukking op die brein kan dui.
Chris Else, haar sanger-pa, het twee dae gelede gesê sy het opgebring en indien dit sou aanhou, sou sy weer in die hospitaal opgeneem moes word.
Gister, ‘n week na die ongeluk, het hy gesê die kleinding het ‘n goeie dag tuis gehad. Hy het almal vir hul gebede en ondersteuning bedank.
“Die Here is so goed.! Ons het net weer besef hoe goed die Here is, ons het 1000de gebede ontvang. Clara is ‘n geskenk uit die Here se hand. Dankie dat julle steeds saam met ons bid vir genesing.”
Die sanger sê hy en Chanelle is dankbaar en hulle vertrou dat hulle dogtertjie elke dag beter sal raak.”Clara het vandag ‘n goeie dag gehad en is tuis. Ons is so dankbaar
ons vertrou sy gaan net elke dag beter raak!”
Chris het Because He Lives vrygestel wat hy aan Clara opdra.
“Hierdie lied beteken tans so baie vir ons.”
Bron: Chris Else
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



