Verdagte met 23 reptiele ‘in sy besit’ verskyn in hof

Deel hierdie storie / Share this story

NAMAKWA-DISTRIK, NOORD-KAAP. – Volgens die polisie is Duston Gregory Henrico (37) op 19 Desember met 23 reptiele in sy besit in hegtenis geneem.

Kol. Cherelle Ehlers sê ‘n gesamentlike operasie is deur Springbok se eenheid vir veediefstal en bedreigde spesies en honde-eenheid geloods nadat ‘n wenk ontvang is.

‘n Huis en voertuig is deursoek en 16 houers met 23 reptiele is gevind. Die polisie het op die reptiele, sowel as die voertuig, kamera, skootrekeneaar en selfoon beslag gelê.

Henrico, van Gauteng, is onder die Noord-Kaapse Natuurbewaringswet 9/2009 Artikel 4, vir die besit van bedreigde wilde diere sonder ‘n permit, aangekla.

Hy het op gister vlugtig in die Pofadder-landdroshof verskyn. Borg van R5 000 is toegestaan. Hy moet weer op 9 Januarie 2024 in die hof verskyn.

Bron: SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel