Motoriste kan na ’n daling in brandstofpryse aan die begin van 2024 uitsien. Die Automobiel-Assosiasie (AA) het bekendgemaak dat die prys van diesel, petrol en paraffien behoort te daal.
Laer internasionale produkpryse en ’n verbeterde rand teenoor die Amerikaanse dollar is bydraende faktore vir die goeie nuus.
Voorspelde dalings is as volg:
Petrol 93: afname van 53 sent per liter
Petrol 95: afnname van 67 sent per liter
Diesel 0,05%: afname van 118 sent per liter
Diesel 0,005%: afname van 125 sent per liter
Paraffien: afname van 119 sent per liter
Die departement van minerale hulpbronne en energie het genoem dat die vooruitskatting nie voorspellings is nie en dat aanpassings en veranderinge steeds kan plaasvind.
Bronne: Business Tech, Zululand Oberserver



