Celine Dion gaan vinnig agteruit

Deel hierdie storie / Share this story

’n Jaar nadat die sangeres Celine Dion haar skokdiagnose van Moersch-Woltman-sindroom (“strammenssiekte”) openbaar gemaak het, het haar suster verdere nuus oor haar siekte gedeel.

Claudette Dion het verlede week gesê Celine kan nie meer beheer oor haar spiere uitoefen nie.

Die rare siekte affekteer sowat een uit ’n miljoen mense en is ’n outo-immuunsiekte van die senuweestelsel. Dit veroorsaak progressiewe styfheid in spiere asook spasmas in die laer ledemate en rug.

Claudette het gesê Celine se einddoel was nog altyd om terug te keer na die verhoog, maar dat daardie droom nou duister lyk.

“Haar stembande en hart is ook spiere. Dit is wat my onderkry,” het sy gesê.

Bronne: US Today, LA Times, Daily Mail