Man wat van watertenk wou spring deur onderhandelaar omgepraat

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP. – ‘n Man (27) wat Maandag op ‘n watertenk by ‘n reservoir geklim het om vermoedelik sy eie lewe te neem, is deur ‘n gyselaarsonderhandelaar omgepraat om nie selfdood te pleeg nie.

Kapt. Nomvuyo Makoloi sê die Mothibistad-polisie het ‘n klagte van die voorval ontvang.

Misdaadvoorkomingslede wat die man probeer ompraat het om nie te spring nie is deur distrikskantoorlede ondersteun.

AO Pulane Monchonyane van Seven-polisiestasie was op Kuruman en het lede se oproep oor die radio gehoor en dadelik reageer. Sy is ‘n opgeleide onderhandelaar in die voorkoming van selfdood en het daarin geslaag om die man om te praat om nie sy lewe te neem nie.

Maj.genl. Johnny Besnaar, die distrikskommissaris, het die AO geprys vir die professionaliteit waarmee sy die situasie hanteer het.

Bron: SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel