LIMPOPO. – ‘n Polisiesersant, geïdentifiseer as Sukani Page Khosa (37), het Vrydag omstreeks 00:30 na bewering in ‘n kroeg in N’wadzekudzeku een persoon doodgeskiet en nog drie gewond. Hy het homself glo daarna by sy huis doodgeskiet. .
Brig. Hlulani Mashaba sê die sersant, wat aan die Mopani-distrikskantoor verbonde was, het na bewering ‘n argument met persone in die kroeg gehad. Hy het vervolgens glo ‘n vuurwapen te voorskyn gebring en lukraak geskiet. Die vier vriende is raakgeskiet. Smangaliso Hlungwani (26) is noodlottig getref.
Daar is volgens rapportering probeer om die sersant aan te keer, maar hy het weer geskiet, waarna hy gevlug het.
Die polisie en nooddienste is ontbied en die oorledene is dood verklaar. Die drie oorlewende vriende wat gewond is, is na ‘n hospitaal geneem.
Volgens die ondersoek het die sersant tuisgekom en homself geskiet. Hy het dadelik gesterf.
Giyani-polisie is besig met ‘n intense ondersoek na die moord. Drie sake van poging tot moord en ‘n geregtelike doodsondersoek is geregistreer.
“This is an unexpected incident, wherein our Police officer is the prime suspect instead of servicing communities during this festive period. The law enforcers should conduct themselves accordingly and act within the framework of the law on and off their duties without being ‘trigger happy” het lt.genl. Thembi Hadebe, die polisie se provinsiale kommissaris, oor die voorval gesê.
Bron: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



