Vrou steel glo 10 000 Krispy Kreme-donuts en slaan op vlug

Deel hierdie storie / Share this story

AUSTRALIë. – ‘n Vrou (28) het glo op 29 November ‘n vragmotor met 10 000 Krispy Kreme-donuts gesteel en op die vlug geslaan. Sy is na twee weke aangekeer en deur die owerhede aangekla.

New South Wales-polisie sê die vrou het haar kans waargeneem toe die vragmotorbestuurder vir brandstof buite Sydney gestop het. Die vrou het in die vragmotor gespring en voet in die hoek gesit. Na ongeveer ‘n week is die vragmotor verlate in ‘n motorpark opgespoor na “krummels gevolg is”.

Die verdagte donutdief is Donderdag by St. Mary’s Railway Station vasgetrek. Sy het in die hof verskyn en is borg geweier.

Die gesteelde vrag is vernietig en Krispy Kreme het onderneem om die 10 000 donuts aan hul klante te vervang.

 CCTV video

Bronne: CBS News, Sydney News en BBC

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel