Vandag vier ‘n klein persentasie van ‘n minderheidsgroep nie net Geloftedag nie, maar ook Versoeningsdag soos die openbare vakansiedag tans bekend staan.
Oudergewoongte is daar ‘n propvol program met ‘n kerkdiens by die Voortrekkermonument beplan en is daar slegs beperkte tyd oor om te registreer. Indien jy meer wil weet, kan jy die Voortrekkermonument se Facebook-blad besoek en die skakel vir registrasie volg.
Die gelofte sal tydens die beplande verrigtinge voorgelees word en ‘n diens deur ds. Cassie Aucamp sal om 09:00 plaasvind.
Voordat die son om 12:00 op die senotaaf val, sal die sanger en dromspeler Ghapi, Die Geloftelied sing.
Van waar in die wêreld eerbiedig jy die dag en hoe beplan jy om dit deur te bring?
Die Gelofte is vir die eerste keer in 1838 afgelê.

Bron: Die Voortrekkermonument Facebook-blad
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



