GAUTENG. – Meyerton-polisielede het Donderdagoggend van deur tot deur geloop om ouers te leer hoe om hulle kinders en bure se kinders te beveilig.
Konst. Tlaleng Moloi sê die bewusmakingsveldtog is daagliks in die gemeenskap nodig en het die naam #YourNeighboursChildIsYourChild.
Daar moet oor veiligheidsonderwerpe gepraat word en ouerskapsvaardighede moet gedeel word om sodoende kinders se veiligheid te verseker.
Die bewusmakingsveldtog volg nadat twee kinders in Sicelo Kuvukiland dood is nadat hulle skyfies afkomstig van die bure se erf geeët het.
Die opvoedingsprojek word deur Meyerton-polisie, die departement van gemeenskapsveiligheid en ander rolspelers aangepak. Ouers word geleer om na hul eie sowel as die bure se kinders om te sien.
Verkragting, kinderverwaarlosing, geslagsgeweld en vrouemoord is aangespreek terwyl ongeveer 500 pamflette met misdaadvoorkomingswenke uitgedeel is.
Bron: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



