Kyk: Bejaarde man en kleinseun deur ‘selfoonrower’ gesteek

Deel hierdie storie / Share this story

WAARSKUWING! Nie vir sensitiewe lesers nie, video bevat geweld.

KWAZULU-NATAL. – ‘n Bejaarde man (76) is verskeie kere met ‘n mes in sy erf in Nettlepalm Garders, Palmview gesteek. Dit het gebeur terwyl hy probeer het om ‘n vlugtende beweerde selfoonrower aan te keer. Die “dief” het ook sy kleinseun (19) in die been gesteek.

Reaction Unit South Africa het op verskeie oproepe van ‘n gewapende roof reageer en omstreeks 09:21 op die toneel aangekom.

Reaksiebeamptes kon vasstel ‘n onbekende verdagte man het die erf sonder toestemming binnegegaan en ‘n selfoon van ‘n vrou (62) gesteel.

Die vrou se man en kleinseun het haar hulproep gehoor en die verdagte gesien wat oor die hek in die oprit wou vlug.

Die kleinseun, wat die verdagte eerste gekonfronteer het, is in die been gesteek. Sy oupa het die vlugtende verdagte daarna probeer keer, waarna hy twee keer in die nek gesteek is.

Die bejaarde is op die toneel gestabiliseer en met ‘n privaat ambulans na ‘n hospitaal geneem. Die kleinseun het mediese hulp op die toneel ontvang.

‘n Soektog na die verdagte is geloods, maar nog geen inhegtenisnemings is gemaak nie.

Bron: Reaction Unit South Africa

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel