Sanger se baba het bloeding op die brein

Deel hierdie storie / Share this story

Chris Else, bekende SA-sanger, het mense op sosiale media gevra om asseblief vir sy baba te bid. Dit is nadat Clara, sy en Chanelle se babadogter, bloeding op die brein opgedoen het.

Else vertel klein Clara is per ongeluk met haar loopring teen ‘n trap af. Hy vra vir gebede soos nog nooit vantevore nie.

Die sanger het op 5 Desember vir twee konserte na Paraguay in Suid-Amerika vertrek. Hy het op 10 Desember uit die buiteland gesê hoe hy na Chanelle en Clara verlang terwyl hy ‘n skatlike video van die kleinding wat lag gedeel het.

Baba Clara het tydens die swangerskap ‘n gaatjie in haar hart gehad wat toegegroei het. Sy is middel Februarie vroeg deur ‘n noodkeisersnit gebore. Sy het bykans direk na geboorte longontsteking opgedoen, maar die vegtertjie kon nog elke keer deurdruk en haar ouers met vinnige beterskap verras.

Bron: Chris Else, Foto van Clara Else is op 5 Desember geplaas

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel