GAUTENG. – ‘n Man, in sy 30’s, is Woensdag beseer toe hy in Johannesburg in ‘n industriële vleismeul (mincer) van ‘n slaghuis vasgesit het.
Kyle van Reenen van Emer-G-Med sê paramedici het hulle omstreeks 09:00 na die toneel van ‘n industriële ongeluk in die plaaslike supermark gehaas. Met aankoms op die toneel is die man gevind waar hy in die maalmasjien vassit.
Van Reenen sê verskeie gevorderde lewensondersteunende intervensies is uitgevoer om die man te stabiliseer voordat hy versigtig deur Gauteng-noodreddingsdienste uit die masjien gehaal is.
“Once free, a decision was made to airlift him with the assistance of the Netcare911 aeromedical helicopter to a specialist facility for the definitive care that he required.”

Bron: Emer-G-Med
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



