Plaaseienaar se seun wat glo skiet kry borg

Deel hierdie storie / Share this story

LIMPOPO. – Frederick Benjamin Erasmus (22) oftewel Fritz, het vandag in die Groblersdal-landdroshof, borg gekry.

Francois van der Merwe, direkteur van die Bittereinders, sê Erasmus is vandag by die hof deur die Bittereinders, Willem Petzer, sowel as ander boere van die gemeenskap bygestaan.

Petzer het in ‘n sosialemediaplasing gesê trane van dankbaarheid het gevloei toe pa en seun herenig is.

Erasmus het homself Maandagoggend aan die polisie oorhandig nadat hy beskuldig is van ‘n skietery op drie persone wat op hom en sy pa se plaas in Roossenekal gestap het.

Brig. Hlulani Mashaba het voorheen gesê die verdagte is vir beweerde poging tot moord in hegtenis geneem.

Die vuurwapen wat glo tydens die voorval gebruik is, behoort aan die verdagte se meisie. Sy word vir nalatige hantering van ‘n vuurwapen, wat sy in die voertuig gelaat het, aangekla.

Bronne: Vorige beriggewing, Willem Petzer en Bittereinders.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel