NOORDWES. – Drie minderjarige kinders van Klerksdorp, onderskeidelik ses jaar (dogter), twee jaar (seun) en nege maande oud (babadogter), is uit noodsaak uit die sorg van hul ouers, die pa (38) en die ma (21) verwyder. Die name van die ouers is aan FiND iT bekend, maar word ter beskerming van die kinders se identiteit verswyg.
Kapt. Aafje Bothma bevestig sake van beweerde verkragting en kinderverwaarlosing is Vrydag oopgemaak. ‘n Maatskaplike werker het die kinders se situasie aan die polisie rapporteer. Die polisie is na die huis en die kinders is daarna na ‘n plek van veiligheid verwyder.
Bothma sê voorts die ouers het Maandag in die hof verskyn en sal in aanhouding bly tot die saak weer op 19 Desember in die hof voorkom. Die ondersoek duur voort.
Henry Mamothame, woordvoerder vir die NVG, sê die sake waarvan die ouers aangekla word, is tot 19 Desember uitgestel. Hulle sal dan formeel vir borg aansoek doen.
Bronne: SAPD en NVG
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



