Veedief vir vyf jaar tronk toe gestuur

Deel hierdie storie / Share this story

LIMPOPO. – Arno Kotze (52) is Maandag in die Thabazimbi-landdroshof aan veediefstal skuldig bevind en vir vyf jaar tronk toe gestuur.

Kotze het tussen 1 en 7 Junie 2022 as plaasbestuurder Bonsmara-beeste van ‘n plaas in Dwaalboom gesteel. Nog ‘n werknemer het die verdagte aktiwiteit van vee wat op ‘n trok gelaai word aan die eienaar gerapporteer.

‘n Polisie-ondersoek het aangedui Kotze het die beeste op ‘n Vleissentraal-veiling in Dwaalboom vir R130 000 verkoop. Die geld is in sy rekening inbetaal. Hy is op 7 Januarie 2023 in hegtenis geneem en is deur die hof borg toegestaan, waarna hy op vlug geslaan het.

‘n J50-lasbrief is vir Kotze se inhegtenisneming uitgereik en hy is as ‘n gesoekte misdadiger beskou.

Hy is op 24 November in Groot Marico in Noordwes vasgetrek. Hy het in aanhouding gebly totdat hy skuldig bevind en tot vyf jaar tronkstraf gevonnis is.

AO Amanda Rossouw, die ondersoekbeampte, is vir haar ondersoekwerk geprys.

Foto: AO Amanda Rossouw

Bron: Brig. Hlulani Mashaba SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel