Man in luuksevoertuig op hoofweg doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

JOHANNESBURG. – ‘n Man is Maandagoggend op die N3 hoofweg in Linbro Park naby die Londenweg-afrit doodgeskiet.

Kyle van Reenen, Emer-G-Med-woordvoerder, sê paramedici is omstreeks 06:00 na die toneel gestuur.

Met aankoms is die man langs sy luuksesportnutsvoertuig aangetref. Hy het verskeie skietwonde gehad en het geen teken van lewe getoon nie.

Nadat gevorderde lewensondersteunende KPR onsuksesvol op hom toegepas is, is hy dood verklaar.

Die voertuig langs die man het ‘n groot aantal koeëlgate gehad.

Die SAPD ondersoek die voorval.

Bron: Emer-G-Med

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel