Grondverskuiwings in DRK lei tot 15 sterftes

Deel hierdie storie / Share this story

KONGO. – Sowat 15 mense het Maandag na grondverskuiwings in Bukavu in die Demokratiese Republiek die Kongo gesterf.

Dit volg na stormagtige reënval in die hoofstad van die land se South Kivu-provinsie. Sommige huise is onder rotse en grond begrawe. Onder die slagoffers is ’n pa en sy vyf kinders.

Volgens inwoners het dit soos harde donderweer geklink net voor die grondverskuiwings plaasgevind het. Ooggetuies moes hulpeloos toekyk hoe mure en huise inmekaarval.

Bakavu het vanjaar onder talle grondverskuiwings en ineenstortings van geboue gebuk gegaan.

Die stad was oorspronklik vir 100 000 inwoners ontwerp, maar vandag bly daar ongeveer twee miljoen mense.

Bronne: The Citizen, Twitter