BETHAL. – Veroordeelde moordenaar, Johannes Shelboy Motlaoung (23), het verlede Donderdag uit die Bethal- korrektiewe dienste se toesig ontsnap. Hy is egter weer die volgende dag gevang.
Motlaoung was na bewering onder mediese toesig in die hospitaalafdeling van die tronk. Sy geel oorpak is tydens ’n soektog gevind. Die gemeenskap is na sy ontsnapping gewaarsku dat hy gevaarlik is.
Sers. Thomas Mogadime, woordvoerder van Bethal-SAPD, het gesê daar is nog nie bepaal hoe die gevangene ontsnap het nie, maar dit word ondersoek.
Addisionele klagtes van ontsnapping uit aanhouding sal by sy klagstaat gevoeg word.
Bronne: The Citizen, Facebook



