Groot walvis swem tot op Australiese strand

Deel hierdie storie / Share this story

PERTH, AUSTRALIË. – Beeldmateriaal van ’n massiewe walvis wat naby aan ’n kuslyn speel, word wyd op sosiale media versprei.

Die voorval het Saterdag by Port Beach in Perth afgespeel. Op die video kan gesien word hoe strandgangers nader aan die dier swem en selfs aan hom vat.

Een van die strandgangers het later opgemerk dat die walvis op ’n strandbank vasgesit het. Daarna is die strand gesluit om die situasie te kon analiseer en die walvis se toestand te bepaal.

Die walvis van meer as 15 m lank was in ’n slegte toestand. Hy het ’n kopbesering en sonsteek gehad omdat hy vir ’n geruime tyd in die laagwater was.

Owerhede het Maandag probeer om sy pyn te verlig, deur water op hom te suit. Sy toestand het egter verswak en hy is Dinsdagoggend dood. Kenners meen dat walvisse nie gewoonlik in daardie area voorkom nie.

Ouderdom het moontlik ’n aktiewe rol in die sterfte van die walvis gespeel. ’n Nadoodse ondersoek sal gedoen word.

Bronne: Reuters, CNN, Instagram