eMAKHAZENI (BELFAST), MPUMALANGA. – ‘n Vragmotor het Dinsdagoggend om 02:00 in ’n huis in Belfast vasgery. Die vragmotor, wat vanaf Stoffberg na Belfast onderweg was, het na bewering ’n massiewe slaggat getref en die bestuurder het beheer verloor.
Daar is bevind dat die vragmotor ’n groot hoeveelheid chroom vervoer het. Nooddienste het hulle na die toneel gehaas omdat ’n vrou en haar twee kinders in die kamer geslaap het waar die vragmotor deur die muur is.
Die bestuurder is eers om 06:00 uit die wrak bevry en vir ’n skouerbesering behandel. Geen ernstige beserings is by die vrou en kinders van die huis gevind nie, alhoewel bakstene op hulle geval het. Hulle is met privaat vervoer na die hospitaal geneem.
Bronne: Middelburg Observer, Rekord, The Citizen



