OOS-KAAP. – Die agt verdagtes, werknemers van die premierskantoor en maatskappydirekteure, teen wie klagtes van onder meer beweerde bedrog, vervalsing, aanbieding van vervalste dokumente met die wete dit is vervals (uttering) en geldwassery ondersoek word, is op borg vrygelaat.
Kapt. Yolisa Mgolodela sê die saak teen die verdagtes is tot 5 April 2024 uitgestel. Borg van R5 000 tot R10 000 is in die Zwelitsha-landdroshof aan die beskuldigdes toegestaan. Die borgbedrag verskil na gelang van die verdagtes se onderskeie omstandighede met streng borgvoorwaardes wat nagekom moet word.
Die beskuldigdes se name is soos volg deur die polisie vrygestel:
- Marion Mbina – Mthembu (57), former Director General in the office of the Eastern Cape office of the Premier the former accounting officer,
- Myirhakazi Hannah Ntsingila (56), the former Deputy Director and financial specialist who was appointed as the project manager in the office,
- Athi Canzi Magwentshu (45), Deon Gerhard Pieterson and Akabonwa Nelson Lephoko company directors of Habitat Modular Construction (PTY) which was allegedly fraudulently awarded the tender,
- Koleka Lilly – Leaf Mthembu, the director of the company GRM Internal Audit and IT Risk Consulting wherein the payments for the project were allegedly deposited for distribution to the service providers,
- Ntebellang Nkoane (41) the director of Forward We Go Co-operative which was allegedly in a joint venture with Habitat Modular Construction (PTY) and
- Sizakele Nontsikelelo Netshilaphala (55), the former Acting Head of Department in the Eastern Cape Department of Education.
FiND iT het voorheen soos volg berig:
OOS-KAAP. – Agt verdagtes, tussen die ouderdomme van 43 en 71 jaar, wat onderskeidelik by die premierskantoor gewerk en maatskappydirekteure is, is Maandag in Gauteng in hegtenis geneem. Die verdagtes staan op aanklagte van beweerde bedrog van meer as R20 miljoen in die Oos-Kaap tereg.
Kapt. Yolisa Mgolodela, woordvoerder van die Valke in die Oos-Kaap, sê die agt verdagtes is hooggeplaaste amptenare en maatskappydirekteure. Klagtes van onder meer beweerde bedrog, vervalsing, uttering en geldwassery word teen die verdagtes ondersoek.
Na bewering het die departement van onderwys hulp met noodverkryging van 72 tydelike klaskamers en meubels vir Gqeberha en Uitenhage van die premierskantoor gevra.
‘n Maatskappy is vir die tender van R20 miljoen aangestel. Inligting is ontvang oor senior beamptes wat met onbehoorlike verkrygingsprosedure tydens die aanstelling van die maatskappy geïmpliseer is. Daar word verder beweer die maatskappy wat aangestel is, is aan senior amptenare van die premierskantoor verbind. Die klaskamers was glo nie afgehandel nie en die geld was uitgeput.
Die saak is na die Valke verwys waarna die agt verdagtes Maandag in hegtenis geneem is. Hulle sal vandag in die Zwetlitsha-landdroshof in die Oos-Kaap verskyn.
Bron: SAPD Valke Oos-Kaap
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



