WES-KAAP. – ‘n Vrou (53) is op 7 Desember omstreeks 08:30 by Retreat-treinstasie dood nadat sy op die spoor voor ‘n aankomende trein beland het.
Kapt. Frederick van Wyk sê ‘n geregtelike doodsondersoek word deur die Kirstenhof-polisie ondersoek.
Omstandighede van die insident wat tot die dood van die vrou gelei het, is deel van die ondersoek.
Bron: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



