Bittereinder verbreek stilte na inhegtenisname en borg

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – Francois van der Merwe, direkteur van die Bittereinders, het Vrydag van hom laat hoor. Hy is op 2 Desember in die Wonderboompoort-polisiëringsarea vir aanranding met die doel om ernstig te beseer in hegtenis geneem en daarna in die hof op borg vrygelaat.

Van der Merwe bedank ondersteuners wat steeds by hom staan en sê hy sal die gebeure na sy verhoor in perspektief stel.

Lees sy volledige sosialemediaplasing hier onder:

Beste vriende

Eerstens: Ek wil graag my dank aan elkeen betoon wat my ondersteun in dié tyd van beproewing. Ek sal julle nie vergeet nie.

Tweedens: Die artikels oor die gebeure wil ek graag na my verhoor in perspektief stel.

Laastens: Aan elkeen wat my betwyfel, ek sal leer uit my dade, en ek sal sterker en beter opstaan.

Ek sal nooit gaan lê nie!

Seënwense

Francois

FiND iT, wat kommentaar van Van der Merwe gevra het, het voorheen soos volg berig:

Francois van der Merwe, die direkteur van die Bittereinders-jeugbewering, is op 2 Desember omstreeks 00:20 vir beweerde aanranding met die doel om ernstig te beseer in hegtenis geneem. Die betrokke voorval het by Vellies Pub in Myburghstraat, Capital Park, plaasgevind.

AO Johan van Dyk sê Etienne Pretorius (25) was vir sy werk se jaareindfunksie by die kroeg.

Na bewering het die verdagte, wat na bewering onder die invloed van alkohol was, glo die klaer genader en arrogant vrae aan hom gevra. Die klaer het glo probeer om ‘n konfrontasie te vermy en het weggestap, waarna die verdagte hom na bewering met ‘n 750 ml Richelieu-brandewynbottel oor die kop geslaan het.

Van Dyk sê die klaer het glo geval en was duiselig, maar het gesien die verdagte wil hom weer aanval. Omstanders het die verdagte gekeer, waarna hy glo weggery het.

Van der Merwe is op 5 Desember in hegtenis geneem en by Wonderboompoort-polisiestasie aangehou. Hy het intussen Woensdag in die hof verskyn en is op borg vrygelaat.

FiND iT het Van der Merwe vir kommentaar gevra.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel