NOORD-KAAP. – Die Polisie op Upington het gister twee verdagtes, ‘n man (55) en ‘n vrou (24), met vervalste banknote in ‘n woonstel op Upington in hegtenis geneem.
Sers. Omphile Masegela sê lede van die Upington-grenspolisie en ZF Mgcawu-hoofwegpatrollie het inligting ontvang en dadelik ‘n operasie uitgevoer.
Tydens die deursoeking van die woonstel is vervalste banknote ter waarde van R1 864 200 en $2 900 (R55 100) gevind en daar is beslag op gelê.
Die twee verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.
Masegela raai besighede en die publiek aan om hulself met die nuwe banknote vertroud te maak.
Enige inligting oor vervalste banknote kan anoniem by die polisie aangemeld word, dit sal met vertroulikheid hanteer word.
Bron: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



